Back to Wall Of Remembrance

Esmarie Nel (Koekies)

Passed on 6 October 2006


Onderweg na 'n matriek afskeid in Vanderbijlpark het hierdie tragiese ongeluk plaas gevind, wat ons almal in hartseer gelaat het.

Dries het ook ernstige beserings opgedoen, maar is na operasies ontslaan en is beter.

Ons mis jou Koekies, jy wat altyd gelag het en vriendelik was teenoor almal.  Ons weet ook dat jy veilig by Onse Hemelse Vader is, waar jy in die Hemel rondry en vir altyd gelukkig sal wees.

Vir die familie wens ons sterkte toe met 'n dubbele slag.  (Koekies se moeder is 'n maand voor haar oorlede).

Vir Driesman sterkte, die tyd maak die pyn ligter en onthou die Centurions is daar vir jou.

Pottie, Centurions M.C.C., Vanderbijlpark.


Ons innige simpatie aan Dries en kinders met die afsterwe van Esmarie op 6 Oktober na ‘n motorfiets ongeluk.  All sterkte word Dries toegewens vir ‘n spoedige herstel.  Innige simpatie ook aan die Centurions Motorfiets Klub. Luigi & Rea


With Sincere sympathy and many prayers to the family of Esmarié. Dries and the Centurions Vaal,  God will give you His help, His strength, and His hope during this time of sorrow. RBA WOLFS


Vrydag 6 Oktober is Esmarie (Koekoes) van Centurions Vanderbijlpark dood in motorfiets ongeluk.  Haar man, Dries, is nog in hospitaal. Ons innige meegevoel aan die Familie.  Ons bid vir Dries se spoedige herstel.  Julle is altyd in ons gebede... Wingmates mcc.